America's Job Portal
Algemene Bestuurder: Gasvryheid
(The Story of Emily-besienswaardigheid, Verenigde Koninkryk)
The Story of Emily in Cornwall – 'n erfenisbesienswaardigheid en kulturele bestemming van nasionale belang – is deel van die Babylonstoren- en The Newt-groep. Die Algemene Bestuurder sal verantwoordelik wees vir oorkoepelende leierskap, prestasie, volhoubaarheid en die openbare beeld van die besigheid. Hierdie is 'n senior leierskapsrol wat die volgende omvat: kommersiële bestuur, erfenisrentmeesterskap, uitnemendheid t.o.v. gasvryheid en gemeenskapsverteenwoordiging.
Doel van die rol
Om leiding te neem en The Story of Emily as 'n volhoubare erfenis- en gasvryheidsbesigheid van hoogstaande gehalte daar te stel, terwyl die kulturele missie, finansiële prestasie en langtermyngroei deur middel van sterk strategie, gedissiplineerde uitvoering en uitstekende menseleierskap bewerkstellig word.